Traangas

Traangas word gebruik in Frankryk in 2007
Traangas houers wat gebruik is in Istanbul in 2013

Traangas, formeel bekend as 'n traanmiddel of traanrook (van die Latynse lacrima, wat  "traan" beteken), is 'n chemiese wapen wat  ernstige oog, asemhaling – en vel irritasie, pyn, braking en selfs blindheid veroorsaak. Dit stimuleer die senuwees van die traanklier in die oog om trane te produseer. Algemene traanmiddels sluit pepersproei (OC gas), 'CS gas', 'CR gas', 'CN gas' (fenasielchloried), nonivamide, bromo-asetoon, xillielbromied, syn-propanethial-S-oksied (afkomstig van uie), en Mace ('n handelsnaammengsel).

Traanwekkende agense word algemeen gebruik  vir onlusbeheer. Die gebruik daarvan in oorlogvoering is verbied deur verskeie internasionale verdrae. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was toenemend giftige traangasmiddels gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search